Huis Horison-gholfdag ’n reusesukses en hoogtepunt op gholfkalender

Die Cluver Markotter Huis Horison-gholfdag het oor die afgelope paar jaar ’n hoogtepunt op Stellenbosch se gholfkalender geword en oudergewoonte was die gholfdag op Vrydag 10 Maart ’n reusesukses.


Die Cluver Markotter Huis Horison-gholfdag het oor die afgelope paar jaar ’n hoogtepunt op Stellenbosch se gholfkalender geword en oudergewoonte was die gholfdag op Vrydag 10 Maart ’n reusesukses.

Die opbrengs van die gholfdag maak jaarliks ’n groot finansiële verskil vir Huis Horison en is ten bate van mense wat intellektueel gestremd is. Die Huis Horison-span is geborg deur die Boord Spar.

“Die gehalte van pryse, die organisatoriese vlak, goeie diens en die heerlike etes dra alles by tot ’n top-vlak gholfdag. Daar is staatmakerspanne wat al getrou vir 10 jaar of meer, jaar na jaar deelneem. Almal sien uit om die aand se geleentheid by te woon en saam met die opwinding van die veiling, is dit die perfekte afronding vir ’n sosiale dag gevul met die satisfaksie van almal wat hul tyd en harte gegee het vir ’n goeie saak,” sê Lauren Pillay, ’n projekbestuurder by Huis Horison.

Die wenners van die dag was die span van Dorp Bar (hulle dra al hierdie titel vir die derde agtereenvolgende jaar) wat bestaan uit Marcus Oosthuizen, Arthur Johnson, Chris Bekker en Stephan Lubbe.

Die beste damesspan, en in vyfde algehele plek was René Smuts, Chrizanne van Zyl, Annelize Pretorius en Charla Kriel.

Huis Horison bedank die hoofborg, Cluver Markotter, wat al vir 11 jaar die gholfdag se hoofborg is. “Ons wil ook dankie sê aan al die ander borge, ondernemings en individue wat uit hul pad gaan, en deur middel van borgskappe en donasies die dag ondersteun, en bydrae tot die dag se sukses, sowel as Beyers Truter wat ’n ongelooflike afslaer is.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.