Die volledige Huis Horison-Bocce-span (agter van links) is Hester Mostert, Tian du Preez, Desmond Laminie en Mark Reeves. Derde ry: Mario Hendricks, Petro Theron en Anthea Hotz. Tweede ry: Marijke Lerm en Melanie Stevens. Voor: Esmerelda Botha (afrigter).Foto:


Vier lede van Huis Horison se Bocce-span is gekeur om aan die Spesiale Olimpiese Spele, wat in Augustus in Johannesburg plaasvind, deel te neem.

Bocce is ’n Italiaanse rolbalspel, soortgelyk aan rolbal.

Die vier spanlede is Anthea Hotz, Melanie Stevens, Desmond Laminie en Mark Reeves.

“Dit is ’n wonderlike kans-van-’n- leeftyd-geleentheid vir hierdie groepie, en hulle sal waarskynlik nooit weer so ’n kans kry nie.

“Ons sal moet help met klere, skoene, rugsakke en sakgeld om voorbereid te wees vir die toernooi, en wil graag uitreik na die gemeenskap om ’n bydrae te lewer,” sê Elzabi van Wyk, ontwikkelingsbestuurder by Huis Horison.

Enige skenkings is welkom en kan via die Huis Horison-bankrekening gedoen word. Die bankbesonderhede is soos volg: Nedbank Business Winelands, rekeningnommer 1498044247, takkode 198 765, verwysing Bocce-span.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article