Drie leerders van Idasvallei Primêr is onlangs in die Bolandse skole-atletiekspan opgeneem nadat hulle by die Boland-kampioenskappe in die Paarl uitstekend gevaar het. Voor: Liam Poole (links) is ook in die Wes-Kaapse atletiekspan opgeneem. Hy het ook die Boland 100 m-rekord vir seuns o.12 by die Boland-kampioenskap in ’n tyd van 12:40 voltooi en die rekord verbeter. Melissa Mhone (middel) het vierde geëindig in 13:51 in die 100 m vir o.13-meisies en Julio Williams was tweede in die o.13-gewigstoot vir seuns nadat hy die gewig ’n stewige 10,38 m gestoot het. Saam met hulle op die foto is (agter) Anton Gordon (skoolhoof) en Ashluleeta Hartogh (afrigter).