Idasvallei-sportraad reik uit na netbalspelers

Die Idasvallei-sportraad het Saterdag (19 Oktober) ’n eerste poging aangewend om meer aandag te skenk aan die belangrikheid van vroue – veral jong meisies – in die gemeenskap.


Die Idasvallei-sportraad het Saterdag (19 Oktober) ’n eerste poging aangewend om meer aandag te skenk aan die belangrikheid van vroue – veral jong meisies – in die gemeenskap.

Die plaaslike sportraad was geëerd om hul omgee ten toon te stel by die netbal-organisasie se laaste reeks wedstryde en kon aan ’n hele paar meisies en jonger vroue die aandag gee “wat hulle toekom”.

Spanne uit die kontrei van so ver as Klapmuts was teenwoordig, asook die sportraad se bure van Cloetesville.

Die geleentheid was bestem om sanitêre items aan skole in die buurt te oorhandig, wat dankbaar was vir die ondersteuning. Die skole is deur Idasvallei Primêr se skoolhoof, Anton Williams, verteenwoordig.

Die sportraad sê hulle is bederf met die teenwoordigheid van Geraldine de Vos, wat ’n fenomenale toespraak gelewer het as hoof van die geslagsgeweld-eenheid in Idasvallei.

Die manier hoe De Vos die jongmense kon boei, inlig en opvoed oor die kwessie van geweld teenoor vroue, kinders en mans, was veral treffend.

Die sportraad beoog om meer sulke projekte van stapel te stuur.

“En met behulp van rolspelers weet ons dat sukses behaal kan word. Ons wil graag ons Bafana Bafana-ster Luke le Roux bedank vir sy mildelike bydrae vir die geleentheid. Hierdie projek het ons ook geleer dat verskeie individue met verkillende agtergronde saam kan werk en ons bedank die komiteelede wat hul rol so doeltreffend vervul het,” het Brian Minnis, sekretaris van die sportraad, gesê.

Minnis meen deur die bewusmakingsinisiatief sal die belangrikheid van vroue in ons gemeenskap uitgelig word en sal dus nou ook ’n permanente item op die raad se kalender word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.