Die Groot Drakenstein-polisie het onlangs sukses gehad met ’n inbreker wat agter tralies gesit is. AO Colin Adams en sers. Julian Martin het ’n inhegtenisneming op 2 Desember 2023 in Simondium uitgevoer toe ’n verdagte, Gradwin de Bruin (28) van Paarl, weens ’n klagte van skade aan noodsaaklike infrastruktuur aangekeer is. Die saak is later aan die ekonomiese-infrastruktuur-taakspan oorgedra, met speursers. Losharn Brown wat die saak verder ondersoek het. Na afloop van die ondersoekwerk en hofverrigtinge is De Bruin in die Paarl-hof skuldig bevind en Dinsdag 6 Augustus gevangenisstraf van agt jaar opgelê, waarvan drie jaar opgeskort is.