Inligting oor mans gesoek

,

Die Klapmuts-polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap vir inligting nadat die lyke van twee mans vroeër vanjaar in dié gebied gevind is. Sers. Madelyn Dombas, ‘n polisiewoordvoerder, sê die […]

T. Wuta

Die Klapmuts-polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap vir inligting nadat die lyke van twee mans vroeër vanjaar in dié gebied gevind is.

Sers. Madelyn Dombas, ‘n polisiewoordvoerder, sê die gruvondse is onderskeidelik in Februarie en Maart deur gemeenskapslede gedoen. Die identiteit van een van die mans is onbekend en twee lykskouings en geregtelike doodsondersoeke is gedoen.

Die eerste vonds was Maandag 10 Februarie by ‘n voëlplaas. “ ’n Ooggetuie het Sondag 9 Februarie die onbekende swart man gesien. Toe die ooggetuie die volgende dag (10 Februarie) op pad werk toe was, het hy die lyk van dieselfde man gevind. Hy het blykbaar sy eie lewe geneem,” sê Dombas. Die oorledene, wie se identiteit onbekend is, het ‘n swart T-hemp, blou broek en swart mus gedra.

In die ander voorval is die lyk van ene T. Wuta, met die geboortedatum 25 Mei 1980, deur ‘n werknemer van ‘n hotel vir troeteldiere op ‘n plaas gekry. Luidens die man se verklaring het hy Dinsdag 18 Maart ‘n heining ondersoek toe hy ‘n gat in die heining sien. “Die werker het onderdeur die heining gekruip en is deur ‘n stinkreuk oorval. Hy het ondersoek ingestel en die lyk van die oorledene, wat blykbaar ook selfdood gepleeg het, gesien. Hy het sy werkgewer gebel en sy het die polisie van die gruvonds in kennis gestel.”

Hoewel Wuta se identiteit danksy sy rybewys bekend is, kon die polisie nie sy naasbetaandes opsoor nie.

• Enigeen wat kan help, word gevra om die Klapmuts-polisiekantoor by 021 875 8000 met enige inligting te skakel.

T. Wuta

You need to be Logged In to leave a comment.