Die Stellenbosch-polisie doen ’n beroep op inwoners om op hul hoede te wees – veral in die volgende gebiede waar die volgende misdaad-tendense in Julie opgemerk is:. Verskeie gevalle van poging tot moord, veral waar aanvallers ’n mes as wapen gebruik, is in die omgewing van Vlottenburgpad, Vlaebergpad, Polkadraaipad, Coetzenburg, asook die Azania- en Nkanini-nedersettings aangemeld. Volgens die polisie het die meeste gevalle van 15:00-18:00 en 21:00-23:59 op Sondae plaasgevind.. Motoriste word gewaarsku dat skelms veral in Victoria-, Andringa- en Suidwalstraat voertuie steel. Skelms is glo veral Woens­dae en Donderdae tussen 09:00 en 12:00 besig.. Rooftogte bly ’n kopsorg met verdagtes wat mense se besittings gryp en die hasepad kies. Gevalle is veral in Bird-, Ryneveld en Merrimanstrate, tussen 15:00 en 03:00 aangemeld.

You need to be Logged In to leave a comment.