Die teenmisdaadveldtog gaan op Sondag 10 September om 14:30 by die Speelkring-parkie afskop.


Ná ’n suksesvolle gemeenskapsvergadering oor die veiligheid van inwoners in Idasvallei op 31 Augustus, begin inwoners hier hul eie teenmisdaadveldtog. Die veldtog gaan op Sondag 10 September om 14:30 by die Speelkring-parkie afskop.

Stephanie Heneke, een van die koördineerders van die veldtog, sê alles inwoners word genooi om dit by te woon. 

Stellenbosch

Die teenmisdaadveldtog gaan op Sondag 10 September om 14:30 by die Speelkring-parkie afskop.

“Eerstens wil ons die gemeenskap van Idasvallei, eerw. Van Stavel van die AME-kerk, Cloetesville-polisie en Stellenbosch Wetstoepassing bedank vir hul bywoning van die vergadering wat op 31 Augustus in die AME-kerk gehou is, nieteenstaande die reën en beurtkrag. Bravo,” sê Heneke en voeg by “dis ’n stap in die regte rigting.”

Sy sê hulle is dankbaar vir die positiewe gesindheid en waardevolle voorstelle en insette uit die gemeenskap tydens die vergadering. “Dit gee ons positiewe moed vir die toekoms en met hierdie gesindheid kan ons voorwaar ’n verskil in ons gemeenskappe maak om die dreigende misdaadtendens wat ons tans in Idasvallei ervaar ’n nekslag toe te dien.”

Heneke doen ’n beroep op inwoners om gerus die boodskap verder te versprei sodat hulle nog meer inwoners betrokke kan kry en ’n “jou gemeenskap-my-gemeenskap” konsep kan vestig.

“Die eenparige besluit van die vergadering om die teenmisdaad bewusmakingsveldtog vorentoe te vat, bring ons nader aan ons doel. Ons sal elke wetsgehoorsame inwoner se teenwoordigheid waardeer aangesien dit die begin van vele veldtogte sal wees.”

Sy voeg by dat die veldtog nie ’n gewelddadige formaat aanneem nie, maar een waar elke deelnemer (inwoner) sy/haar stem duidelik op ’n plakkaat sal laat hoor om hulle teenkanting teen misdaad te toon en misdadigers te waarsku om hul aktiwiteite te staak.

You need to be Logged In to leave a comment.