Die kleure van die bome se blare verander in die Eikestad – ’n teken dat herfstyd in Stellenbosch aangekom het. Hier en daar kan ’n mens op die wandelpaadjies en strate oor die dorp heen blare van verskillende kleure sien lê – soos dié ingang na die Lanzerac-wynlandgoed. Namate die winter jaarliks vinnig aanbreek, verander die blare van Stellenbosch se kenmerkende eikebome in ’n skouspel van kleur wat die tafel vir die perfekte foto van dié dorp se prag en trots dek. Foto: Francois Lombard