Hoërskool Cloetesville meet Saterdag kragte teen die Hoërskool Lückhoff in hul jaarlikse derby op Cloetesville-sportterrein. Vanjaar se derby is ’n spesiale een vir Hoërskool Cloetesville wat sy 40ste bestaansjaar vier. Die aksie begin om 10:00 met die o.14-sokkerwedstryd en die hoofwedstryd vir die dag, die o.19-sokkerwedstryd, skop om 14:00 af. Daar sal ook rugby- en netbalwedstryde wees. Toegang is van 09:00 af en kos R20. Die onderskeie kapteins van die o.19-spanne is van links Jaden Daniels (rugby), Georgia Hendricks (netbal), Bronwen February (Mej. Cloetesville), Chandler Gordon (sokker), Jowaine Koras (sokker) Kesha Koker (Mej. Lückhoff), Caitlin Koras (netbal) en Jerano Williams (rugby). Foto: Elmarine Anthony