Jakaranda Trio gaan kamermusiekliefhebbers se tone laat krul van genot

Die Kaapse Kamermusiek Kollektief (KKMK) is opgewonde om die nuutgestigde Jakaranda Trio bekend te stel.


Die Kaapse Kamermusiek Kollektief (KKMK) is opgewonde om die nuutgestigde Jakaranda Trio bekend te stel.

Die Jakaranda Trio bestaan uit:

• Albie van Schalkwyk se loopbaan as solokunstenaar, kamermusikus en begeleier strek oor meer as 40 jaar. Sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse musieklewe is uitsonderlik.

• Jessica Bailey is ’n tjellis met ’n uitgebreide loopbaan oorsee plaaslik. Sy het onlangs na Kaapstad verhuis.

• Johanna Roos is ’n deurwinterde violis, kamermusikant en onderwyser. Soos Bailey het sy aan die Royal College of Music in Londen gestudeer.

Die Jakaranda Trio se program beloof ’n fees vir klassieke musiekaanhangers en diegene wat vir die eerste keer ’n kamermusiekkonsert bywoon. Die konsert open met Joseph Haydn se virtuose en gevatte klaviertrio in C majeur, “Hob.XV/27”. Hy het die werk aan die bekwame Britse pianis Therese Bartolozzi opgedra en die virtuose klavierparty is vir haar gekomponeer. Ernest Bloch se boeiende “Drie Nokturnes” is ’n gepaste kontras. Dié peinsende karakterstukke, wat in 1924 gekomponeer is, se melodieë herroep ’n vergete herinnering en bou op na ’n intense, stormagtige tempestoso klimaks. Die program word afgesluit met die vuur en passie van Felix Mendelssohn se “Klaviertrio No.2 in C mineur”. Die werk is opgedra aan vriend en medekomponis, Louis Spohr, en was ’n verjaardaggeskenk aan sy suster, Fanny. Dit is een van die meesterstukke vir klaviertrio en is die essensie van die romantiese periode se rapsodiese uitdrukking.

Die program word vier keer uitgevoer – in Kaapstad en Somerset-Wes:

• Kaapstad: Saterdag 11 November om 19:00 by No.6 Spinstraat.

• Rondebosch: Sondag 12 November om 15:00 by Erin Saal, Erinweg 8, Rondebosch.

• Somerset-Wes: Saterdag 18 November om 16:00 by Talani, Helderberg Village. Die musiekkonsert word deur die Helderberg Village Musiekvereniging aangebied.

Kaartjies teen R160 kan deur Quicket en die CCMC se webwerf, www.capechambercollective.com, bespreek word.

Die KKMK is ’n unieke en innoverende inisiatief met die doel om kamermusiek van ’n hoë gehalte aan gevestigde gehore te bring, asook om klassieke musiek aan nuwe gehore bekend te stel. Verder ondersteun die KKMK plaaslike musici en bied aan hul mededingende fooie. Programme gee aan jong musici die geleentheid gee om saam met gevestigde en professionele musici op te tree.

Programme is ’n mengsel van standaard repertorium, minder bekende werke en nuwe Suid-Afrikaanse opdragwerke.

Die uitvoerende musici van enige gegewe program sal afrigting en werksessies aan leerders en studente aanbied.

Verskeie uitvoerings by verskillende lokale van elke program bereik die wydste moontlike gehoor.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.