Die sowat 110 juniors wat lid is van die Jamestown-sokkerklub lyk deesdae spoggerig in hul nuwe sokkertruie danksy ’n borgskap van die plaaslike internetverskaffer Herotel Stellenbosch. Die plaaslike onderneming het die klub genader vir ’n borgskap en volgens die klubvoorsitter, Oldrin Meyer, is die klub opreg dankbaar vir Morne Laubscher, areabestuurder, se terugploeg in die gemeenskap. Meyer sê sport is ’n manier om kinders uit die strate te hou en hoop meer ondernemings sal deur borgskappe in die plaaslike gemeenskappe belê.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.