Jana?Swanepoel, ’n graad 11-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, het vroeër vanjaar die internasionale Duitseksamen genaamd, Test?DaF, by die Goethe Institut?in Johannesburg?afgelê en puik presteer.
Dié eksamen is vir persone wat nie Duits as moedertaal op skool neem nie, maar ’n bewys wil bekom dat hulle praat-, luister-, skryf- en leesvaardighede goed genoeg is om aan ’n Duitsmedium tersiêre instansie te studeer.
Slegs 25 persone kan per jaar vir dié eksamen in Suid-Afrika inskryf en leerders moet ’n minimum van vier uit vyf (80%) per module verdien om vir studie aan ’n oorsese universiteit oorweeg te word. Jana het nie net dít reggekry nie, maar ook drie van die vier modules maklik met volpunte geslaag.