Jeugwerkloosheid onder die vergrootglas geplaas

Jeugwerkloosheid was die hoofbesprekingspunt toe sleutelbelanghebbendes, denkleiers en kundiges Woensdag 2 Augustus by die Neelsie-bioskoop vir ’n paneelbespreking byeengekom het.


Jeugwerkloosheid was die hoofbesprekingspunt toe sleutelbelanghebbendes, denkleiers en kundiges Woensdag 2 Augustus by die Neelsie-bioskoop vir ’n paneelbespreking byeengekom het.

Gradlinc, in samewerking met Stellenbosch Netwerk, het die geleentheid gefasiliteer, met die doel om innoverende oplossings te ondersoek om sodoende die potensiaal van Gen Z as onstuitbare veranderingskampioene (change champions) in die stryd teen jeugwerkloosheid, te ontsluit.

Gedagteprikkelende paneelbesprekings oor die rol van tegnologie, entrepreneurskap en mentorskap in die aanspreek van jeugwerkloosheid is deur seremoniemeester Bobby Brown, storieverteller en geliefde plaaslike radiogasheer, gelei. Die paneel het bestaan uit Nico Louw (tegnologiese-visioenêr en Gen Z-voorstander), prof. Michael-Lucien Le Cordeur (toonaangewende opvoeder wat die toekoms van leer transformeer), Masilo Silokazi (voorsitter van Universiteit Stellenbosch se studenteraad) en Maambele Khosa (een van Mail & Guardian se Top 200 invloedrykste jeug).

“In Suid-Afrika bly jeugwerkloosheid ’n wesenlike struikelblok vir die land se sosio-ekonomiese ontwikkeling. Met die dringendheid van die situasie in gedagte, is Gradlinc en Stellenbosch Netwerk daartoe verbind om positiewe verandering te dryf en werk ons saam om ons gesamentlike kundigheid en hulpbronne te benut om volhoubare oplossings vir die jeug te vind,” het Lizane Füzy, hoofbestuurder van Gradlinc, verduidelik.

“Die hoofdoel van hierdie geleentheid was om samewerking tussen openbare en private sektore te inspireer, om vennootskappe te koester wat die gaping tussen opvoedkundige instellings, bedryfsleiers en jong werksoekers kan oorbrug.”

Elke paneellid het unieke insigte, ervarings en strategieë ter tafel gelê, wat ’n ryk en diverse gesprek bevorder het. Gradlinc het ook sy eerste jaarverslag oor Gen Z-indiensneembaarheid en hoe om gegradueerde werkslei te behou, bekendgestel.

Die Gradlinc-span (van links agter) is Saschin Brown, Donovan Mack, Khanyisa Nangu en Keanu Jansen van Vuuren. Voor staan Pria Panu en Lizane Füzy.Foto:

Lizane Füzy (Gradlinc se hoofbestuurder), Ilse Reuter (CECO), Hanli Brink (Stellenbosch Network) en Madeleine Mitchell (CECO) het vooraf skouers geskuur.Foto:

Paneellede prof. Michael-Lucien Le Cordeur, Maambele Khosa, Nico Louw en Masilo Silokazi met seremoniemeester Bobby Brown.Foto:
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.