Bokkoors heers sedert vroeg Vrydag (27 Oktober) in die strate van Stellenbosch, met inwoners en munisipale werkers, amptenare en raadslede, onder wie die burgemeester, adv. Gesie van Deventer, wat hul ondersteuning vir die Springbokke getoon het.
Hulle het voor die stadsaal byeengekom om die Bokke voorspoed toe te wens voor hul Rugbywêreldbeker-eindstryd teen die All Blacks.
Daar is ook omtrent in die dorp se strate gevier toe Siya Kolisi en sy manne Saterdagaand dié wedstryd met 12-11 gewen het.


