Mike Serdyn van Stellenbosch het haar stokperdjie om badsout te maak, met die hulp van haar ma, Izandi, in ’n volwaardige kleinsakeonderneming omgeskep.

Verskaf

Wat maar net ’n stokperdjie was om stoom af te blaas tydens die inperking, het daartoe gelei dat ’n agtjarige meisietjie van die Laerskool Eikestad dalk net die jongste entrepreneur in Stellenbosch is.

Mike Serdyn van Stellenbosch het haar stokperdjie om badsout te maak, met die hulp van haar ma, Izandi, in ’n volwaardige kleinsakeonderneming omgeskep.

Izandi vertel Mika het sedert verlede jaar, toe sy sewe was, badsout begin maak. “Sy het op ’n dag net vir my gesê sy wil soos ek wees, omdat ek tydens die inperking ’n produktereeks begin het nadat ek my onderneming weens die Covid-19-pandemie moes sluit. Ek het toe natuurlike produkte gemaak en begin verkoop. Dit is toe Mika die badsout begin maak het,” vertel Izandi.

Mika het gehelp om die naam “Rainbow & Stars” te kies, asook die kleure en geure. Sy maak ook alles self terwyl haar ma met die ontwerpe en bemarking van die produkte help.

Mike

Mika het gehelp om die naam “Rainbow & Stars” te kies, asook die kleure en geure.
Mike

Mike se hele gesin spring gewoonlik in om te help.

Mika gaan soos ’n regte entrepreneur te werk en wag nie totdat iemand haar produkte bestel nie, maar spring gereeld op haar fiets en verkoop die badsout aan bure en maatjies. Sy verkoop dit ook by die skool.

“Ek help maar tussendeur met bemarking. Roar Speelgoed verkoop ook haar goedjies en ons stel binnekort Healing Kids (’n vertakking van my onderneming, Heal) as ’n aanlyn onderneming bekend sodat mense van oral haar badsout kan bestel.”

Haar ma sê Mike geniet elke oomblik van die proses. “Dis gewoonlik ’n klomp maatjies, lekker musiek en die hele familie en al die maatjies spring gewoonlik in om te help as dit by vervaardiging produksie kom,”voeg Izandi by.

Klein houertjies badsout kos R20 en die bietjie groter houertjie is teen R50 te koop.

Izandi se maatskappy vervaardig van aromaterapie-olies tot gesigprodukte.

You need to be Logged In to leave a comment.