Verskeie leerders van Idasvallei Primêr het vanjaar aan die Stellenbosch-eisteddfod deelgeneem en uitstekende resultate behaal. Onder die toekennings wat die plaaslike leerders ontvang het, was goud-plus, goud, silwer-plus en silwer. Die talentvolle leerders wat hierdie puik prestasies vir hul klavier-vertonings behaal het, is Autumn-Joy Scholtz, X-zavier Adriaanse, Xavier Adonis, Liam Adams en Maliya Jacobs. Saam met die leerders is Sam Sylvester (IVP-musiek).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article