Die Stellenbosch-krieketklub het sy junior uitblinkers van die 2022-’23-seisoen in September en voor die begin van die 2023-’24-krieketseisoen tydens dié klub se jaarlikse junior prysuitdeling by die Idasvallei-sportterrein vereer. Die geleentheid het nie net erkenning aan die prestasies van die uitblinkers gegee nie, maar ook elke speler wat aan wedstryde deelgeneem en die klub se junior spanne verteenwoordig het, vereer. Heinar Februarie (links) is as die beste seunspeler van die seisoen aangewys en het sy trofee by Brian Minnis, die klubvoorsitter, ontvang.


Akum Mbira ontvang die prys as die beste meisiespeler van die seisoen van Minnis.Foto:

Ethan Burt se spel deur die seisoen het hom die prys vir seunspeler met die beste vordering besorg. Die klub se junior koördineerder, Denowen Williams, het die prys aan hom oorhandig.Foto:

Denowen Williams oorhandig die prys vir die meisiespeler wat die beste vordering gemaak het, aan Erin Leith.Foto:

Die mees belowende speler by die Stellenbosch-krieketklub is Deacon Williams. ’n Trotse Nathmie Latief, die klub se registrasie- en wedstrydsekretaris, oorhandig dié trofee aan hom.Foto:

You need to be Logged In to leave a comment.