Jong spelers van die Stellenbosch-netbalklub het die afgelope skoolvakansie besig gebly danksy die Paarl Gimnasium-netbalfees wat van Donderdag 3 tot Vrydag 5 April in Paarl aangebied is. Die klub se o.13-span was een van meer as 80 skool- en klubspanne wat meegeding het om as die topspan gekroon te word. Die meisies van die Eikestad het tot vier wedstryde per dag gespeel en uitstekend gevaar. Van die 10 wedstryde waarin die Stellenbosch-netbalklub gespeel het, het hulle agt gewen en moes die knie vir net twee spanne buig. Van die hoogtepunte was ‘n 19-11 wen teen Balnari, 19-4 teen Courtrai, 10-7 teen Durbanville, en hulle het met 20 punte koning gekraai nadat Klein Gim slegs drie doele kon aanteken. Die span is, agter van links, Caydee Adams, Hope Arendse, Tatum Robyn, Lauren April, Cassidy Jooste, Menisa Standers en Chelsea Theunisen. Voor is Antoni Davids, Lishe Amos, Kaylin Kroutz, Ellarise Kayser (afrigter en spanbestuurder), Kaylee Kroutz, Brookline Japtha en Kay-Lee Christiaan.
You must be logged in to post a comment.