Shoprite en Checkers nooi alle sjefs, kokke en boerewors-entoesiaste uit om hul beste resepte in te skryf vir die 32ste jaarlikse Kampioenskap Boerewors-kompetisie voor inskrywings Vrydag 21 Junie sluit.
Deelnemers sal die kans kry om mee te ding vir die gesogte titel van Suid-Afrika se Boerewors Kampioen, en die groot prys – ’n splinternuwe Toyota Fortuner 2.4 GD-6 RB AT ter waarde van R600 000. Die beste boerewors sal ook by Shoprite en Checkers winkels landwyd te koop wees.
Sedert die ontstaan in 1992 het die Kampioenskap Boerewors-kompetisie konsekwent die nasie se beste boerewors-resepte na vore gebring.
“As klein sake-eienaar, het hierdie kompetisie die wêreld vir my beteken. Ja, ek het gehou van die manier hoe Shoprite en Checkers ons soos BBP’e laat voel het tydens die kompetisie, en ek is mal oor my Fortuner, maar wat my die meeste opgewonde gemaak het, is wat die wen vir my onderneming beteken het, en die deure wat dit vir my oopgemaak het,” sê verlede jaar se wenner, sjef Tyron Adams. “Behalwe vir die wen, was die hele ervaring regtig iets anders, so ek sal beslis weer inskryf.”
Daar word van deelnemers verwag om vaardigheid in die hele boerewors-maakproses te demonstreer – van die saamstel van die lekkerste kombinasie van kruie en speserye, tot die verwerking van die vleis en die vervaardiging van perfek gestopte en gaar boerewors. Die kompetisie sal deur ’n paneel van kulinêre kenners van die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging (SACA) beoordeel word.
Alle resepte sal deur ’n geldigheidsproses gaan om te verseker dat dit aan die tradisionele boerewors-maakriglyne voldoen. Sodra dit gedoen is, sal die beoordelaars 30 resepte op ’n kortlys plaas voordat hulle dit verminder na die top-10-finaliste, wat dan uitgenooi sal word na ’n spesiale geleentheid waar hulle hul boerewors vir die beoordelingspaneel moet voorberei en kook voordat die wenner gekroon word.
Die wenner en naaswenners ontvang die volgende: eerste prys – ’n Nuwe Toyota Fortuner 2.4 GD-6 RB AT en R20 000 kontant; tweede prys – R50 000 kontant; en derde prys – R20 000 kontant.