DORPSKALENDER: Wat gebeur in die Eikestad?

Stellenbosch: Circle for Natural Aid to Life vertoon ’n dokumentêre rolprent by die LifeShine Wellness-sentrum (op die hoek van Klein Helderbergweg en die R44, Stellenbosch) tussen 17:30 en 21:30. Toegang is gratis, maar skenkings is welkom. Stuur e-


VRYDAG 18 OKTOBER

Stellenbosch: Circle for Natural Aid to Life vertoon ’n dokumentêre rolprent by die LifeShine Wellness-sentrum (op die hoek van Klein Helderbergweg en die R44, Stellenbosch) tussen 17:30 en 21:30. Toegang is gratis, maar skenkings is welkom. Stuur e-pos na south-africa@bruno-groening.org vir nog inligting.

SATERDAG 19 OKTOBER

Stellenbosch: Die Friends of Stellenbosch Mountain (FSM) hou van 13:30 sy maandelikse hack vir ongeveer drie ure in die Paradyskloof-natuurgebied. Die groep vergader by die Paradyskloof-hoofhek en gaan help om fynbos te beskerm deur Port Jacksons, denne, wattels, bugweed en ander indringerplante te verwyder. Ontspan in die natuurskoon en kry terselfdertyd praktiese ervaring. FSM verskaf die nodige gereedskap; neem ’n beker, water en peuselhappies saam. Hou fsmountain.org se hack-blad of die FSM-Facebookblad dop indien die tye as gevolg van die weer verander. Rig alle navrae per e-pos aan fsm.spring474@passfwd.com.

Pniël: Die ATKV-onderwysafdeling en die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) vier onderwysers en gee erkenning aan die uitnemende werk wat deur onderwysers oor die wêreld heen gedoen word deur ’n glansgeleentheid aan te bied. Die geleentheid beloof om onderwysers te bederf met optredes deur sprekers en gaskunstenaars sowel as ’n driegangmaaltyd. Beperkte kaartjies is nog beskikbaar. Bel André Hendricks, die projek­organiseerder by ATKV-onderwys, by 082 411 1333 vir besprekings en meer.

Somerset-Wes: Die Stellenbosse musikante Bennie van Eeden (pianis) en Winand Grundling (orrelis) tree saam met die Klassieke Klanke-orkes en Canticum Novum-koor by die NG kerk Helderberg in Firmount-weg op. Hermanus Schmidt en Paul Lessing is ook deel van die konserte wat Saterdag (19 Oktober) om 10:30 en Sondag (20 Oktober) om 16:00 plaasvind. Toegang is gratis, maar skenkings word verwelkom. Enige kinders wat deel van die opvoering van Prince of Egypt en You Raise Me Up wil wees, kan e-pos na helderbergconcerts@gmail.com stuur.

SUNDAY 20 OCTOBER

Faure: Vergenoegd Löw will host a plethora of activities in October, celebrating wine, food, music and community. Visit the farm from 12:00 to 14:00 on Sundays to celebrate Spring. The Vergenoegd Löw Homestead Wine Lounge will be open until 17:00. Live music will be presented by guitarist Riaan Nieuwenhuis on 20 and 27 October. To book or for more information, visit vergenoegd.co.za.

WOENSDAG 23 OKTOBER

Stellenbosch: Die ledevergadering van die Stellenbosse Heemkring vind om 19:00 in die konferensie­kamer van die NG kerk Stellen­bosch-Wes plaas. Die gasspreker, prof. Matilda Burden, emeritus-professor van die Universiteit Stellenbosch, gesels oor “Fonteine, fontijne, vonteine – ’n kort oorsig van fonteinname rondom Stellenbosch, Paarl en Wellington”. Belangstellendes is welkom. Aan­soekvorms vir nuwe aansluitings sal ook beskikbaar wees.

THURSDAY 24 OCTOBER

Stellenbosch: Stellenbosch Alcoholics Anonymous as well as the Al-Anon group meet in the rooms of the Stellenbosch Baptist church at 6 Merriman Avenue every Thursday at 19:30.

SATERDAG 26 OKTOBER

Devonvallei: Die Geestelike Ambassadeurs vir Jesus Christus bied om 18:00 die Gospel extravaganza, volume 2, by die Laerskool Devonvallei aan. Plaaslike gaskunstenaars sal saam met die musikant en evangelis Dawid Claasen asook bekende Psalmdigers soos Remalia Esau, Wildene Bosman, Marchelle van Wyk, Granville Abrahams en ander optree. Apostel Jerome Skippers is die seremoniemeester. Kaartjies kos R60 en R30 vir kinders (gr. 1 tot gr. 7) by die deur. ’n Gelukstrekking sal gehou word. Rig alle navrae aan die leraar-egpaar Gurton en Mandy Engelbrecht by 081 067 7516 of 084 038 9961.

SONDAG 27 OKTOBER

Stellenbosch: Luna Paige tree om 15:00 by die Daisy Jones-kroeg op die Summerhill-landgoed as deel van haar Tuiskoms-toer op. Die konsert bied musiekliefhebbers die geleentheid om haar musiek in sy mees outentieke en rou vorm te ervaar. Haar twee nuutste albums, Dis die dors en Harmony, asook spesiale Luna Paige-notaboeke sal ná die vertoning te koop wees. Die deure open om 13:00. Kaartjies, teen R175 elk, kan aanlyn by Quicket gekoop word.

Stellenbosch: Die gewilde Hope Hike vind op die Delvera-landgoed plaas. Deelnemers aan die Hope Hike kan óf in lewende lywe óf virtueel deelneem. Drie roetes wag by die geleentheid op Delvera op die deelnemers – die 7 km-Klapmutskop-roete (07:30); die 10 km-roete (07:35) en die 5 km-roete (07:45). Diegene wat virtueel deelneem, kan hul eie roete enige tyd en op enige plek voltooi. Deelnemers word aangemoedig om iets blou te dra en selfies met hul inskrywingsnommer op die Ithemba-stigting se Facebook- en Instagram-blad te deel. Pryse is op die spel. Die inskrywingsfooi vir alle roetes is R80 per persoon en R50 vir leerders en studente. Inskrywings sluit Vrydag 25 Oktober. Besoek www.entryninja.com/events/ om in te skryf.

VRYDAG 8 NOVEMBER

Cloetesville: Die Black Pumas-netbalklub hou sy Summer Disco Bash om 18:30 by die Laerskool Rietenbosch-saal. Die genooide deelnemers en gaste sluit in AmaPrettys, Mr Ougat, Jason en Jastin. Toegang beloop R70 (insluitend jou koelboks); neem jou eie peuselhappies saam. Streng sekuriteit sal gehandhaaf word. Kontak Vernon by 064 464 4118 of Carline by 084 995 0863 vir nog inligting.

FRIDAY 8 TO SUNDAY 10 NOVEMBER

Grabouw: The annual Outdoor and Adventure Expo is back at the Elgin Sports Club. The event features the latest outdoor and adventure lifestyle vehicles and equipment and is aimed at the whole family. This includes regular and off-road caravans, 4×4 off-road vehicles, crossover vehicles and SUVs as well as camping and other equipment for a holiday or lifestyle in nature. Numerous other exhibitors will also be involved, including food, coffee and wine exhibitors, a beer garden and much more. The expo is not just another show or a flea market; it is a full-blooded outdoor and adventure expo for the whole family. Tickets are on sale at TicketPro and the full programme can be seen at www.lrclassic.com.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.