Oktober is Borskankerbewustheidsmaand, en hoewel mondhigiëne dalk nie na ’n prioriteit klink terwyl kanker beveg word nie, ondervind sowat ’n derde van pasiënte mondprobleme as gevolg van kankerbehandeling. Mondsere, ’n droë mond, gebarste lippe en tandbederf is bo-aan die lys.
“Chemoterapie, ander medikasie en bestraling kan die balans van die bakterieë in jou mond versteur, wat jou liggaam se vermoë beperk om infeksie te beveg en die mond uitdroog,” sê Dirna Grobbelaar, Ivohealth se raadgewer oor mondhigiëne. “Ongelukkig kan dit jou meer vatbaar maak vir tandbederf, tandvleissiekte en infeksies. Om ’n doeltreffende mondsorg-roetine te handhaaf, is belangrik vir jou algehele gesondheid en welstand, selfs al voel jy nie goed nie.”
Om jou te help om goed na jou mond tydens kankerbehandeling om te sien, het Ivohealth raad van tandheelkundiges en ander mediese kenners saamgevat in ’n gebruikersvriendelike gids getitel Love your Life, Love your Oral Care, wat gratis afgelaai kan word.
Grobbelaar deel van die belangrikste inligting daarin hier:
Droë mond
’n Droë mond, wat in mediese terme as xerostomie bekend staan, is ’n algemene newe-effek van baie medikasies en bestraling. Omdat speeksel die liggaam se manier is om die mond natuurlik skoon te maak, bou plaak en bakterieë vinniger in ’n droë mond op, wat tot ’n groter kans vir bloeiende tandvleis, slegte asem en tandbederf lei.
Rehidrasie van die mond is ’n prioriteit. Om water te drink, sal net tydelike verligting gee. ’n Smeermiddel soos GUM Hydral-jel of -sproei sal langer werk. Die kou van suikervrye kougom stimuleer ook speekselvloei, en medikasie is beskikbaar wat kan help met speekselproduksie. Vra raad by jou apteker of ander gesondheidsorgwerkers.
Mondsere
Baie kankerpasiënte ontwikkel mondsere, wat dit ongemaklik maak om te eet, praat of die mond skoon te maak. Gebruik Aloclair-jel of -sproei om ’n “versperring” oor die seer te vorm vir onmiddellike verligting en om die seer vinniger gesond te laat word. En moenie in die versoeking kom om jou mondsorgroetine te verwaarloos omdat jou mond seer is nie. Om jou mond skoon te hou, kan verdere infeksies voorkom.
Gebarste lippe
Beskerm jou lippe met ’n smeermiddel om te keer dat dit droog word en bars. Om jou lippe te lek, kan droogheid vererger. Smeer eerder gereeld ’n bevogtende middel aan, soos Letibalm Nose and Lip Repair, en drink baie vloeistof om die mond en vel gehidreer te hou.
Tandheelkundige probleme
Tandvleissiekte en tandbederf is algemene probleme tydens kankerbehandeling. Dit word die beste voorkom met ’n doeltreffende daaglikse mondsorg-roetine en professionele ondersteuning. Besoek die tandarts vir ’n deeglike ondersoek voordat behandeling begin om enige probleme op te spoor en te behandel. Besoek ook terselfdertyd die mondhigiënis vir ’n professionele skoonmaak. Die verwydering van plaak en tandsteen beteken jou mond is in ’n toptoestand wanneer jou behandeling begin.
Sommige pasiënte word naar tydens behandeling. Braking demineraliseer tandemalje en verswak die tande. Moenie jou tande borsel onmiddellik nadat jy opgegooi het nie. Spoel net jou mond met water uit of gebruik ’n gefluorideerde alkoholvrye mondspoelmiddel soos Dentyl Active, of GUM Paroex met antibakteriese setielpiridiniumchloried (CPC). Wag dan ’n uur voordat jy borsel.
Aanbevole daaglikse mondsorg-roetine tydens kankerbehandeling
’n Paar klein veranderinge aan jou daaglikse mondsorgroetine kan dit makliker en meer doeltreffend maak. Hier is die roetine wat Dirna Grobbelaar, Ivohealth se raadgewer oor mondgesondheid, aanbeveel om tydens kankerbehandeling te gebruik:
1. Borsel minstens twee keer per dag korrek vir ’n volle twee minute per keer. Jy is dalk moeg. ’n Goeie elektriese borsel, soos die Philips Sonicare of GUM Sonic, sal jou mond met min moeite behoorlik skoonmaak. Doop die borsel in warm water om die hare sagter te maak, of gebruik ’n ultrasagte borsel soos GUM Sonic Sensitive.
2. Wees op die uitkyk vir tandepasta met ’n lekker smaak en wat veelvuldige voordele het. GUM Paroex Intensive Action bevat antibakteriële bestanddele wat help om tandvleis gesond te hou. Die natuurlike Olgani Probiom-tandepasta en -tandepoeier het bygevoegde pre- en probiotikums wat help om die mikrobiota in die mond gebalanseerd te hou.
3. Hou aan om elke dag tussen die tande skoon te maak. As vlos sensitiewe tandvleis seermaak, probeer ’n interdentale borsel soos die herbruikbare GUM Bi-Direction waarvan die hare met ’n antibakteriese middel bedek is, of sagte Soft-Picks wat van rubber gemaak is.
4. Spoel nadat jy geëet of opgegooi het met ’n alkoholvrye mondspoelmiddel soos Dentyl Active of GUM Paroex met antibakteriese CPC, of gebruik soutgebaseerde mondspoelmiddels soos Thryve-mondsoute of Olgani-spoelmiddels.
Hoewel kankerbehandeling probleme vir jou mond kan veroorsaak, kan die regte behandeling jou help om baie van die algemene probleme te voorkom. Onthou, jou tandarts of mondhigiënis kan jou in dié tyd ondersteun. Vertel hulle van jou diagnose en behandeling.. Besoek Ivohealth se webwerf vir nog inligting of laai Ivohealth se gratis Love your Life, Love your Oral Care-boekie af. Die Kankervereniging van Suid-Afrika se webwerf het ook uitstekende hulpmiddels.