Keanan Jacobs (27) van Franschhoek word vermis. Hy is laas gesien toe hy sy ouerhuis by La Terra de Luc-plaas omstreeks 08:00 op Saterdag 19 Februarie verlaat het. Hy het, volgens sy pa, gesê ’n ou skoolvriend het vir hom ’n werk in Jonkershoek, Stellenbosch, gekry. Hy het egter nie teruggekeer huis toe nie en na vele oproepe was sy selfoon af. Sy pa het na die Jonkershoek-plaas gegaan en navraag oor sy seun gedoen, maar niemand ken hom of het hom daar gesien nie. Keanan se bynaam is “Hulk”. Hy is 1,6 m lank en het Rasta-lokke (dreadlocks). Enigeen met inligting oor waar Keanan kan wees, kan sers. Marize Mentoor by 082 443 9769 of speur-AO Leon Boonzaaier by 082 469 6079 bel.Foto: