Jeannie Myburgh is ’n gr. 8-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof en kan haar man (en vrou!) staan. Sy is vroeër vanjaar in die Kaapse Wynland-judospan opgeneem en het die afgelope skoolvakansie in Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap aan die Suid-Afrikaanse judokampioenskap deelgeneem. Hier het sy al haar teenstanders uitoorlê om uiteindelik as die Suid-Afrikaanse kampioen in haar gewigsafdeling gekroon te word.