Die jaarlikse Huis Horison-kermis is hierdie naweek weer hier! Foto: Horizon House / Huis Horison – Stellenbosch/Facebook


Huis Horison hou Vrydag en Saterdag (1 en 2 November) sy jaarlikse kermis by die sentrum by Patrys-straat 1, Onder-Papegaaiberg.

Kermisgangers kan Vrydag van 10:00 tot 16:00 inkopies by die produkte- en boeketent asook die teetuin doen. Die hoofkermis, Horison Challenge-veldwedloop, potjiekoskompetisie, vermaak en kinderaktiwiteite, tesame met al die tradisionele kosstalletjies en die produkte- en boeketent vind soos gewoonlik op 2 November van 09:00 tot 13:00 plaas. Kom geniet die tradisionele kermis-kos of snuffel tussen die unieke en gehalte-artikels, soos plante, boeke, handwerk, houtwerk, witolifante, klere, erdeware en meer. Vir meer inligting of om vir die potjiekoskompetisie in te skryf, skakel 021 887 5080 of stuur e-pos na bemarking@huishorison.org.za.

You need to be Logged In to leave a comment.