Enaex Africa en die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs ’n vennootskap gevorm om Kunsmatige Intelligensie (KI, of Artificial Intelligence) en robotika in Afrika te bespoedig, terwyl plaaslike vaardighede en kundigheid in hierdie gebiede ontwikkel word.
Hierdie vennootskap het ten doel om die veiligheid van mynwerkers diep onder die grond te verbeter, terwyl nuwe opvoedkundige geleenthede ook geskep word om studente se vaardighede te verbeter.
Enaex Africa het met die vestiging van hierdie vennootskap ook ingestem om ’n navorsingsleerstoel vir die ontwikkeling van KI en robotika in mynbou aan die US vir die volgende drie jaar te finansier.
Deur KI- en robotika-tegnologie te integreer, sal Enaex Africa se kernwaarde om tradisionele mynboumetodes meer menslik te maak, geïnisieer word deur die bekendstelling van outonome robotstelsels vir diep ondergrondse mynbou. Dit verwyder die noodsaaklikheid dat mense ondergrond werk en sal weer nuwe werksgeleenthede binne die mynbouproses as gevolg van die outonome stelsels skep.
Die samewerking met die robotika-departement van die US plaas hierdie samewerking aan die voorpunt van navorsing en ontwikkeling, wat ’n groot uitwerking sal hê – met ’n klem op veiligheid, volhoubaarheid en doeltreffendheid as gemeenskaplike en primêre doelwitte.
Francisco Baudrand, die uitvoerende hoof van Enaex Africa, verduidelik in hul strewe om die mynbedryf ’n veiliger en meer doeltreffende en tegnologies gevorderde sektor te maak, die samewerking met die US ’n deurslaggewende stap vir die mynbedryf is. Hy sê verder hulle beweeg na outonome prosesse en KI, met KI wat deel is van hul prosesse om sodoende koste te verminder, veiligheid en doeltreffendheid te vergroot en energie te optimaliseer.
Dr. Callen Fisher, senior lektor by die departement elektriese ingenieurswese, beklemtoon die kritiese aspek om studente se vaardighede binne hierdie inisiatief op te bou. Hy sê die sleutel tot hierdie inisiatief is die opbou van studente, wat in staat is om robotika- en KI-stelsels te ontwikkel, se vaardighede. Hulle is aan die voorpunt van die ontwikkeling van vernuwende oplossings vir die mynbedryf.
As deel van die samewerking, poog die US om die volgende geslag studente se talent te koester, wat groei in vernuwing en volhoubaarheid vir robotika binne mynboupraktyke sal aanmoedig. Fisher voeg by die US beoog om ’n kultuur van vernuwing en volhoubaarheid in robotika binne die mynboubedryf te vestig deur die volgende geslag se talent te koester.
Hierdie strategiese vennootskap dui op ’n beduidende stap in die rigting van die herlewing van die mynboubedryf, waar kundigheid uit die bedryf en akademiese kennis gekombineer word om uitdagings rakende veiligheid die hoof te bied en volhoubare vernuwing te bevorder.
Die samewerking tussen Enaex Africa en die US toon ’n verbintenis tot ontwikkelende tegnologie vir die bevordering van mynboupraktyke, wat ’n veiliger en meer doeltreffende toekoms vir die bedryf verseker.