Imbali Wes-Kaap het Saterdag 23 September as deel van die e’Bosch-erfenisprojek se Erfenismaandvieringe ’n uitstalling van kinderkuns by die Fredagh and Bernard Podlashuk-kunssentrum by Frank’s Haven-crèche in Kylemore gehou. Imbali bied ’n visuele geletterdheidskursus aan, wat kinders so jonk as drie jaar by kunsprojekte betrek. Die uitstalling is geopen deur Nelis Koegelenberg, hoof van die PJ Olivier-kunssentrum. Hy was baie opgewonde oor die standaard van die werk gelewer. ”Hier is ’n X-faktor in Kylemore wat kuns betref,” het hy gesê en leerders aangespoor om in hulself te glo wanneer hulle kuns beoefen. By die uitstalling is Koegelenberg by gr. 7-leerders wat ’n pragtige muurbehangsel geskep het. Van links is Shannon Small, Chanté Small, Jamie Leibrandt en Chernique Williams.