Kinders se wreedheid wek kommer

Die ergste geval van dieremishandeling kom in Cloetesville voor.


Die ergste geval van dieremishandeling kom in Cloetesville voor.

Ons is almal bewus van hoe honde gebruik word om teen mekaar te baklei. Dit is veral ’n stokperdjie wat wyd en syd tussen bendelede beoefen word.

Alhoewel wreed, is die wreedste geval wat ek hier noem gepleeg deur jong laerskoolkinders van Cloetesville. Hulle het ’n tou om ’n katjie se nek vasgebind, die katjie geslaan en die katjie is dood – nog met die tou om die nek.

Ek het van hierdie wrede geval gehoor nadat iemand wat op die katjie afgekom het my daarvan vertel het.

Ek is nie ’n groot katliefhebber nie, meer omdat ek aan alurofobie (kattevrees) ly. Ek moes net egter hieroor praat.

Ek is bekommerd, want hierdie insident beteken daar is groot fout met die jong kinders uit agtergeblewe woonbuurte.

Al wat hulle ken, is bendegeweld, ouers wat werkloos is, ouers wat nie omgee of hul kinders in die skool is nie en drankmisbruik.

Iewers moet iemand hierdie probleem aanpak, want vandag is dit ’n katjie, wat is dit volgende?

Hierdie kinders weet nie wat is normale gedrag nie, juis omdat hulle slegs grootword onder abnormale omstandighede.


Bekommerd,

Cloetesville

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.