Klapmuts kry twee skole

Twee nuwe mobiele skole – ’n laerskool en ’n hoërskool – sal hul deure in die eerste kwartaal van die 2023-skooljaar in Klapmuts open en hul eerste leerders verwelkom.


Twee nuwe mobiele skole – ’n laerskool en ’n hoërskool – sal hul deure in die eerste kwartaal van die 2023-skooljaar in Klapmuts open en hul eerste leerders verwelkom.

Bronagh Hammond, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwys-departement, sê die vinnige residensiële uitbreiding van die dorp het ’n aansienlike vraag na skoolplasing geskep vir leerders om in Xhosa onderrig te word. Die leerders moet tans na naburige dorpe soos Paarl, Kraaifontein en Khayamandi vervoer word om onderrig te kry.

Hammond maak dit duidelik dat die mobiele skole net tydelik is.

“Dit gee die departement tyd om ordentlike en permanente skole van baksteen vir die kinders te bou. Die twee mobiele skole, genaamd Klapmuts nr. 2 Primêre Skool en Hoërskool Klapmuts, is reeds opgerig en oorhandig,” sê Hammond.

“ ’n Tussentydse skoolbeheerliggaam is aangestel. Die skoolbeheerliggaam bestuur albei skole totdat die verkiesing in 2023 gehou kan word. ’n Kuratorhoof is onlangs aangestel en skoolmeubels is reeds aangeskaf.”

Wanneer die skole vir die eerste kwartaal open, sal die laerskool 240 leerders inneem en die hoërskool 330.

Vir eers sal die laerskool net grade 1 tot 3 aanbied, en die hoërskool grade 8 en 9.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.