Klapmuts-mense vir meer as twee weke in donker

’n Gedeelte van Klapmuts sit al ’n bietjie meer as twee weke reeds in die donker nadat ’n tegniese fout op ’n Eskom-lyn in dié omgewing gevind is, en inwoners hier is omtrent raadop.



Credit: SYSTEM

’n Gedeelte van Klapmuts sit al ’n bietjie meer as twee weke reeds in die donker nadat ’n tegniese fout op ’n Eskom-lyn in dié omgewing gevind is, en inwoners hier is omtrent raadop.

’n Handjievol spoorweghuise regs van die R44 in Wellington se rigting wat aan die R101 grens, sit sedert 17 Julie tot nou nog sonder krag en warm water nadat hulle die probleem glo reeds twee keer aangemeld het.

Volgens ’n inwoner wat met Eikestadnuus gesels het, het hulle die fout op 18 Julie aangemeld en ’n verwysingsnommer gekry.

Op 20 Julie was daar egter nog geen teken van Eskom se herstelspan nie en hulle het die Eskom-kantoor in Bellevue besoek.

“Hulle [Eskom] het gesê hulle is bewus van die fout en het belowe om dit dieselfde dag of die volgende dag op te los. Hulle het tot nou nog nie opgedaag nie, en as ons hulle bel, sê hulle [Eskom] net hulle is bewus van die fout.”

Stuart Grobbelaar, ’n woordvoerder van die Stellenbosch-munisipaliteit, het verduidelik die fout is wel op 18 Julie aangemeld, maar dit is volgens Eskom glo reeds opgeklaar en dié nutsmaatskappy sê die ligte skyn reeds.

Kyle Cookson, Eskom Wes-Kaap se woordvoerder, het Grobbelaar se terugvoering bevestig, maar die bekommerde inwoner sing ’n ander deuntjie.

Beide die Stellenbosch-munisipaliteit en Eskom kon by navraag nie verduidelik wanneer die lyn herstel is, en presies wat die fout was nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.