Eenhonderd antieke en klassieke motors het die afgelope Sondag op die Winelands Light Railway naby Koelenhof toegesak vir die jaarlikse Eeu-rit (Century Drive). Foto’s: Angelo Julies


Eenhonderd antieke en klassieke motors het die afgelope Sondag op die Winelands Light Railway naby Koelenhof toegesak vir die jaarlikse Eeu-rit (Century Drive).

Eenhonderd motors, eenhonderd inskrywings oor eenhonderd jaar se voertuie – dit is hoe die organiseerders, die Triumph Sport-motorklub, die byeenkoms beskryf het.

Die organiseerder Colin Greyvensteyn van die Crankhandle-motorklub sê elke inskrywer se motor plus die motoreienaar se ouderdom moes altesaam 100 jaar wees.

“Ons het die rit by Century City in Kaapstad begin en ons het ’n afstand van sowat 100 km na die Winelands Light Railway gery. Dit is ’n ongelooflike ervaring om soveel antieke en klassieke motors saam te sien,” voeg hy by.

Greyvensteyn sê verskeie motorklubs het die rit meegemaak. “Dit sluit die Crankhandle-motorklub, Early Ford-motorklub, Renault-motorklub, Triumph Sport-motorklub, Sunbeam-motorklub en MG-motorklub in.”

Die 1911 Sunbeam was die oudste kar op skou en die 1985 Porche was die jongste. Die opbrengs van die rit gaan aan ’n kinderwelsynorganisasie en ’n diere-organisasie sê Greyvensteyn.

You need to be Logged In to leave a comment.