Daar was groot glimlagte en nie ’n traan in sig nie toe klein James Bekker gisteroggend (Woensdag 17 Januarie) die eerste amptelike stap van sy akademiese loopbaan geneem het toe hy as gr.1-leerder by die hekke van die Laerskool Eikestad ingeloop het. Sy trotse mamma, Christine, was byderhand om hom te ondersteun. James is een van 93 000 gr.1’tjies wat in die Wes-Kaap die uitdagende, maar opwindende fase van hul jong lewe betree. Volgens David Maynier, die provinsiale minister van onderwys, het amptenare en skole skouer aan die wiel gesit om te verseker dat hulle vir die nuwe skooljaar gereed is. “Ons het R49 miljoen se handboeke, R24 miljoen se skryfbehoeftes, R17,5 miljoen se meubels en R2 miljoen se toerusting verkry,” het hy aangevoer. Foto: Francois Lombard


You need to be Logged In to leave a comment.