Dis duidelik herfstyd in die Eikestad, met die talle wandelpaadjies en strate reg deur die dorp wat onder ’n kombers van kleurryke blare bedek word – soos dié wandelpad op die Universiteit Stellenbosch-kampus in Victoriastraat. Namate die winter jaarliks vinnig aanbreek, verander die blare van Stellenbosch se kenmerkende eikebome in ’n skouspel van kleur wat die tafel vir die perfekte foto van dié dorp se prag en trots dek.Foto: Francois Lombard