Die ligte en kleurryke Franse Romantiese styl is tegelyk diep roerend en stralend sigbaar in Philippe Gaubert se “Trois Aquarelles” vir fluit, tjello en klavier. Dit verbaas dikwels luisteraars om te ontdek dat Gaubert hierdie stuk in 1915 gekomponeer het terwyl hy in die Franse weermag gedien het – miskien as ‘n teenmiddel vir die gruwels van loopgraaf-oorlogvoering. Die Vega Trio, met, van links, Graham du Plessis (tjello), Nina Schumann (klavier) en Louisa Theart (fluit) bied hierdie werk môre (Vrydag 16 Mei) om 19:00 by die Endler-saal aan, saam met die wêreldpremière van “Bulldozers” deur een van Suid-Afrika se mees gevierde komponiste, Matthijs van Dijk. Verder neem die program luisteraars op ‘n meditatiewe reis met “Gardens of Anna Maria Luisa de Medici” deur die Walliese komponis Hilary Tann, wat haar liefde vir die natuur en haar affiniteit vir die Japanse minimalistiese styl weerspieël. Die program sluit af met ‘n jazz-geïnspireerde showstopper deur Nikolai Kapustin. Kaartjies kos R165 (standaard), R125 (pensioentrekkers) en R65 (studente). Besoek Webtickets om plek te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.