Die krieketseisoen is weer die afgelope paar weke in volle gang in die Boland, met plaaslike klubs wat hul T20-veldtogte in verskeie kompetisies begin het.
In die Boland-gemeenskapsbeker was die eerste spanne van die Stellenbosch-, Van der Stel- en Coronations-krieket- klubs Saterdag 11 en Sondag 12 Oktober in aksie, met Van der Stel en Coronations wat in albei hul wedstryde geseëvier het. Stellenbosch moes in albei sy wedstryde die knie buig.
Die eerste span van Spes Bona-krieketklub het gemengde welslae in sy drie Boland-superliga-kragmetings behaal, met een sege en twee verliese die afgelope naweek.
Van der Stel het sy onoorwonne status – vier uit vier – behou en beklee tans die eerste plek in Groep A, gevolg deur Coronations in die derde plek met drie oorwinnings en een verlies. In Groep B is Stellenbosch onder aan die punteleer met slegs een sege in sy drie wedstryde.
Spes Bona lê ook in die laaste plek van Groep 2 in sy kompetisie, met net een sege in sy drie wedstryde.
WEDSTRYDUITSLAE VIR 11 OKTOBER
Van der Stel t. Worcester United op Boland-park, Worcester:
Worcester United – 103/6 in 20 boulbeurte: Connor Batt 2/21.
Van der Stel – 106/4 in 17.1 boulbeurte: André Hanekom 38 (nun).
Van der Stel wen met 6 paaltjies.
Coronations t. Caledon op Pniël-sportterrein, Pniël:
Coronations – 122/8 in 20 boulbeurte: Hilliard Myburgh 34; Zenile Adams 33.
Caledon – 105/10 in 19.5 boulbeurte: Leighton Dennis 3/19; Sanele Qubuda 2/17; Rodwin September 2/17.
Coronations wen met 17 lopies.
Stellenbosch t. Robertson op Robertson-sportterrein, Robertson:
Robertson – 212/3 in 20 boulbeurte: Lishan Meyer 1/30; Bradley Jephtas 1/15.
Stellenbosch – 101/6 in 20 boulbeurte: Reagan Carolissen 33 (nun); Curt Oliver 29.
Stellenbosch verloor met 111 lopies.
Spes Bona t. Bredasdorp op Hermanus-sportterrein, Hermanus:
Bredasdorp – 105/7 in 17 boulbeurte: Henry Petersen 2/12; Saeed Cornellison 2/17; Abraham Poole 2/22.
Spes Bona – 73/10 in 15.1 boulbeurte: Stanley Parsley 25.
Spes Bona verloor met 32 lopies.
Spes Bona t. Montagu op Hermanus-sportterrein, Hermanus:
Spes Bona – 85/10 in 17 boulbeurte: Abdul-Khaaliq Rass 13.
Montagu – 74/10 in 14 boulbeurte: Henry Petersen 3/22; Abdul-Khaaliq Rass 2/6; Saeed Cornellison 2/7; Abraham Poole 2/19.
Spes Bona wen met 11 lopies.
WEDSTRYDUITSLAE VIR 12 OKTOBER
Van der Stel t. Caledon op Caledon-sportterrein, Caledon
Van der Stel – 133/8 in 20 boulbeurte: Werner Brand 58.
Caledon – 25/10 in 9 boulbeurte: Rayyaan Rhode 7/9; Aiden Hanekom 2/4.
Van der Stel wen met 108 lopies.
Stellenbosch t. Vredenburg-Saldanha op Idasvallei-sportterrein, Stellenbosch
Vredenburg-Saldanha – 164/5 in 20 boulbeurte: Navan Samuels 2/35; Lishan Meyer 1/33.
Stellenbosch – 134/7 in 20 boulbeurte: Peter Minnis 38; Brandon Layman 35.
Stellenbosch verloor met 30 lopies.
Coronations t. Young Peoples op Dal Josafat-sportterrein, Paarl
Young Peoples – 108/7 in 20 boulbeurte: Leighton Dennis 3/22; Sanele Qubuda 2/23.
Coronations – 111/6 in 19.4 boulbeurte: Rodwin September 31*; Hilliard Myburgh 25.
Coronations wen met 4 paaltjies.
Spes Bona t. Swellendam op Hermanus-sportterrein, Hermanus
Swellendam – 114/10 in 18.4 boulbeurte: Elvezo Jumath 4/20; Henry Petersen 3/15.
Spes Bona – 82/10 in 13.1 boulbeurte: Yusri Jeneke 26.
Spes Bona verloor met 32 lopies.




