Stellenbosse tuinliefhebbers kan uitsien na ‘n wonderlike opening vir die dorp se Tuinweek.

Die wêreldbekende tuinboukundige Leon Kluge van Franschhoek vertel Vrydag 31 Oktober van sy onlangse verwerwing van ‘n string pryse by die Singapoerse tuinfees. Sy geïllustreerde relaas sal alles beskryf wat agter die skerms in Singapoer by die grootste Asiese blomgebeurtenis gebeur het.

LEES OOK: Gold for local fynbos wonder in Chelsea

Kluge is bekend vir sy goue medaljes vir sy Suid-Afrikaaanse fynbosuitstallings by die Britse Chelsea-blommeskou (reeds ses keer sedert 2016), maar daar is ook ander. Hy is bekend daarvoor dat hy dikwels die inheemse Suid-Afrikaanse fynbosprag met die plaaslike blommeskat van die verskillende gasheerlande of -streke kombineer.

Die titel van sy Singapoer-uitstalling was juis “Between Two Worlds”.

LEES OOK: Kluge at Hazendal

Die geleentheid word deur die bestuur van Masandise-studiehulp, ‘n liefdadigheidsinstelling wat behoeftige eerstegene- rasie-studente finansieel, opvoedkundig en persoonlik bystaan, aangebied.

Die lesing vind om 10:00 in die Hofmeyrsaal in Kerkstraat, Stellenbosch, plaas. Toegang beloop R250 per persoon. Besoek Plankton vir besprekings aanlyn.

You need to be Logged In to leave a comment.