Knap gedaan aan polisielede

Lof moet toegeskryf word aan ons plaaslike speurdiens wat binne ’n bestek van drie dae nadat ’n saak aangemeld is, tot arrestasie afgehandel is.


Lof moet toegeskryf word aan ons plaaslike speurdiens wat binne ’n bestek van drie dae nadat ’n saak aangemeld is, tot arrestasie afgehandel is.

Die lof word toegeskryf aan speurders Meyer, Jooste, Frederick, Domoney en Molefe.

Ons as gemeenskap van Jamestown ervaar baie diefstalgevalle wat ’n slegte smaak in ons tradisionele dorpie laat. In dié geval was die diens van die polisie uitstekend om die manne vas te trek wat by een van die fasiliteite se store ingebreek het en van die toerusting gesteel het.

Dit het in die vroeë oggendure van Saterdag 7 Januarie gebeur. Die saak is gerapporteer en Maandag 9 Januarie was al die diewe aangekeer en die gesteelde goedere is ook gevind.

Knap gedaan manne.

Anoniem,

Stellenbosch

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.