Die Vriende van Hugenote Gedenkmuseum verwelkom die bekende kos-historikus Hetta van Deventer-Terblanche wat op Dinsdag 22 November oor ’n baie spesiale resepteboek gaan praat.
Enigeen wat belangstel in geskiedenis, resepteboeke en kos en die sameflansing van al drie kan na Van Deventer-Terblanche se praatjie oor kruie, speserye en smake uit ’n 18de eeuse Kaapse resepteboek kom luister. Die praatjie vind om 17:30 by die Franschhoek-teater in Akademiestraat by die Hoërskool Franschhoek plaas.
Hierdie resepte-manuskrip is die oudste en volledigste Suid-Afrikaanse resepte-manuskrip wat tot dusver in ontdek is.
Kom hoor waar die resepte-manuskrip vandaan kom, hoe dit opgespoor is en wie almal bydraes tot die geskiedkundige kookboek gelewer het. Verder sal Van Deventer-Terblanche die belangrikste speserye en kruie in die versameling bespreek en hoe die smake en gebruike van die 18de eeuse koskultuur met dié van vandag verskil.
Eetgoed wat op tradisionele en vernuwende wyse met die genoemde kruie en speserye voorberei is, sal aan die gaste bedien word.
Kaartjies kos R250 per persoon en sluit wyn en vingerhappies in.. Vir meer inligting of om kaartjies te bespreek, kontak Ingrid by 072 226 9158 of stuur e-pos na friends.hugmus@gmail.com. Sitplekke is beperk – maak dus seker om vandag nog jou plek te bespreek.