Die eerste opvoering van die Endler Prestige-konsertreeks vir die jaar vind Vrydag 23 Februarie om 19:00 by die Endler-saal in Stellenbosch plaas. Die konsert se titel is “Intertwined: Dvorák and Brahms”.
’n Geskiedkundige samewerking vind plaas by die konsertreeks wanneer die Suid-Afrikaanse virtuose Nina Schumann, David Bester en Aristide du Plessis vir die eerste keer as trio vir klavier, viool en tjello saam optree.
Die gehoor kan uitsien na klassieke musiek deur Dvorák en Brahms, saam met ’n nuut gekomponeerde stuk deur die Stellenbosse komponiste Antoni Shonken en Arthur Feder. Ervaar ’n aand van uitsonderlike musiek by die Endler,
Kaartjies teen R165 en R60 vir studente kan aanlyn via Webtickets bespreek word. Vir meer inligting, besoek endler.sun.ac.za.