Smul aan heerlike burgers by Middelvlei-landgoed in Stellenbosch met dié plaas se spesiale aanbod.Foto: Alfred Thorpe


Vrydae by Middelvlei Wyne in Stellenbosch gaan binnekort die op almal se lippe wees as dit kom by die landgoed se burger- en twee-vir-een spesiale aanbiedinge.

Die plaas is nie net ’n gewilde bestemming vir dié aanbiedings en hul reeks uitstekende wyne nie; wanneer gaste by Middelvlei aankom, word hulle soos familie behandel.

Althea Williams, die proelokaalbestuurder, en haar geesdriftige span gaan uit hul pad om gaste te laat voel asof “dit tuis is” – jy sal verskoon word as jy nie die landgoed wil verlaat nie, of ten minste binnekort terugkeer nie.

Vir R150 per persoon, kan gaste ’n sappige 200 g beesvleis-burger wat met kaas bedien word geniet, tuisgemaakte Franse-skyfies en hul keuse van ’n glas rooi of wit wyn.

Dié spesiale aanbod is elke Vrydag tussen 12:00 en 15:00 beskikbaar.

As jy jouself op die eerste Vrydag van die maand in die omgewing bevind, maak die meeste van die Middelvlei Boerebraai se twee-vir-een spesiale aanbod. Middelvlei se eie braaimeester, Pinky, sal ’n lamskotelet, boerewors en hoendersosatie tot perfeksie voorberei. Dit word met heerlike bykosse – braaibroodjie, aartappel- en groenslaai, en lip-lekker pampoenkoekies – bedien.

Dis ’n aanbod wat nie misgeloop moet word nie – die normale prys is R290 per persoon, maar met die “Eerste Vrydag” promosie, sal ’n gas plus een ander slegs R290 gehef word. Voorafbespreking vir die twee-vir-een spesiale aanbod is noodsaaklik op info@middelvlei.co.za of 021 883 2565.

  • Vir meer inligting oor wat Middelvlei magies maak, besoek www.middelvlei.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.