JJ en die stronk, ‘n pantomini van die Afrikaanse man, word Vrydag 10 en Saterdag 11 Oktober in die Adam Smal Lab-teater aangebied.

Die produksie vertel die storie van die viering van JJ en Jill se groot dag. Voordat hul liefde kan vlamvat en die kerkklokke kan lui, is daar egter eers ‘n groot stronk in die pad . . .

So, stof jou vellies af en trek jou mooiste bloesie aan, maar weet net dat Mamma Menopuase haar vir niemand sal skaam nie – gaste ingesluit.

Kom beleef die avonture van Harmonie en Patrys, ‘n ongurige paar, asook Aquafina en Melktertjie, wat in die verte in staar.

Die pantomini sal elkeen na sy of haar asem laat snak en oud en jonk vermaak. Kom sing dus saam en ervaar die wonder van die grootste boon, stronk en eiers . . . 

Ricus moet net nie snuf in die neus kry nie.

  • Vertonings is Vrydag om 18:00 en Saterdag om 11:00. Koop kaartjies by Quicket teen R20 elk.

You need to be Logged In to leave a comment.