Die Laailou-musiekfees word die komende naweek (Vrydag 17 en Saterdag 18 November) by die Bergrivier-oord gehou. Feesgangers kry die kans om by die unieke fees lekker op hul laailou’s op die Bergrvier te lê, of te kyk na die vertonings vanuit die gemak van jou kampstoel. Van die land se top kunstenaars gaan by die fees te sien wees. Die program sluit in: Steve Hofmeyr, Early B, Juan Boucher, Tasché, Loki Rothman (foto), Margot Rothman, Ampie, Corné Pretorius, Jacques du Plessis en Justin Vega. Die verrigtinge begin om 15:00 Vrydag en 11:00 Saterdag. Die oord word eksklusief vir feesgangers en kampeerders gereserveer. Feesgangers kan toegang koop vir albei dae teen R470 of R220 vir Vrydagaand of R280 vir Saterdag. Onthou jou laailou en/of jou kampstoel! Daar’s groot biertente en baie eetgoed om van te kies. Kaartjie-verkope en die feesprogram is by www.laailoufees.co.za