Kom proe en kyk wat die Kaapse Wynlande alles bied

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit stel die heel eerste Wynland-herfs-ekspo bekend. Dit beloof om voorts ’n jaarlikse aantrekking op die Kaapse Wynland-kalender te wees.


Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit stel die heel eerste Wynland-herfs-ekspo bekend. Dit beloof om voorts ’n jaarlikse aantrekking op die Kaapse Wynland-kalender te wees.

Die ekspo vind op 24 en 25 Mei by die Hoërskool Montana in Worcester plaas.

Besoekers sal onder een dak net die beste van die wynlande kan proe, sien en ervaar. Dit sluit in van die streek se beste wyne, vlytbier en spiritualieë asook ’n groot verskeidenheid kulinêre lekkerhede wat die fynproewer se smaakkliere sal kielie – van handgemaakte kaas tot geurige Wynland-geregte.

Die ekspo gaan egter nie net oor kos en drank van die Kaapse Wynlande nie, maar ook oor die groot verskeidenheid uiteenlopende vermaaklikheid en aktiwiteite wat hier te vind is, met musiek in lewende lywe en sjefgeleide kosdemonstrasies

Ontdek ook die perfekte venue vir jou spesiale geleentheid of feesviering, of vind ’n unieke wegbreek vir romantiese of gesinsbestemmings.

Hierdie Wynland-herfs-ekspo beloof om iets vir almal te hê en die deure onder een dak te open vir ’n eenstop-blik op die pragtige Kaapse Wynlande en alles wat hier te bied is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.