Kom sê jou sê oor vervoer

Kom sê jou sê vandag (Donderdag 5 Mei) oor alle aspekte van vervoer – ook taxi’s, rolstoele, voetgangers en fietsryers – in die stadsaal wanneer daar ’n ope dag is om die publiek se mening te kry oor die munisipaliteit se vervoerplan.

Die Omvattende Geïntegreerde Vervoerplan (OGV) word elke vyf jaar hersien en alle inwoners van die Stellenbosch-munisipaliteit kan hul menings kom gee. Die gesprekke kan oor byvoorbeeld spoedbeperkings vir voertuie, geraas van motorfietse, beter sypaadjies vir rolstoele, taxi’s vir gestremdes, veilige fietspaaie, veiliger oorgange vir voetgangers en reëls vir skaatsplanke gaan. Enigiets oor vervoer.

Inwoners en mense wat hier werk of gereeld hier beweeg, kan vandag van 09:00 tot 17:00 in die Stadsaal hul sê kom sê.

“Ons dink dis ’n sinvolle poging van die munisipaliteit om insette van die publiek oor vervoer te kry. Dis veral die geleentheid om die menings te hoor van die kwesbares in ons vervoerstelsel, soos voetgangers, rolstoelgebruikers, seniors en kinders en fietsryers,” sê Dawid Botha, voorsitter van Stellenbosch-fietsry.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.