Ywerige stappers wat die plaaslike landskappe wil verken, mooi uitsigte wil geniet, en na lekker local stories wil luister kan hul môreoggend (Saterdag 14 Oktober) om 08:00 by die Idasvallei-gemeenskapsroete se stap aansluit.
Die geleentheid vorm deel van die Toyota US Woordfees.
Stap dié spesiale roete deur Idasvallei saam met die Walking by Faith Ladies en plaaslike Idasvalleiers. Gaste word verwelkom met koffie en tuisgemaakte koesisters of roosterkoek. Die gids sal deelnemers meer oor die buurt en natuurgebied met sy eiesoortige plantegroei en diere vertel.
Elkeen kry ’n inheemse boom om te plant in die natuurgebied wat deel van die Idasvallei-gemeenskapsroete vorm. Die organisasie is aangewys as ’n top-innovasieprogram deur die Wêreld Ekonomiese Forum.
- Daar is ’n pendeldiens wat ’n halfuur voor die aanvang van die toer vanaf Hoërskool Stellenbosch vertrek.