Kom vat ’n vlerk by Drostdy

Die Vlerkspan soek edelstene in die ruïnes, gedigte in die letsels, ware verhale in die raaiselskilderye en humor in die medisynekas. Dié span bring hierdie Sondag (18 September) om 12:00 hul nuutste werk, Vlerkvat, na die Drostdy-teater in Stellenbo


Die Vlerkspan soek edelstene in die ruïnes, gedigte in die letsels, ware verhale in die raaiselskilderye en humor in die medisynekas. Dié span bring hierdie Sondag (18 September) om 12:00 hul nuutste werk, Vlerkvat, na die Drostdy-teater in Stellenbosch.

Die geneeskrag van skepwerk, handewerk, ’n gehekel van gedagtes wat bruikbaar neerslag vind in daardie doodsmisbruikte woordjie: kuns.

Dis baie min dat iemand heel anderkant by ’n skool of liefde of huwelik of werkplek uitkom. Of jou lewe ’n klaende country song is, of ’n popliedjie wat te lank op repeat speel tot jy lyk soos ’n ou heks in tienerklere op ’n skoolpaartie, en of jy voor die kaggel sit en ween met die aanhoor van opera-arias waarvan die volle simfonie-orkes en liriese sopraan nié die orkaan in jou hart kan ewenaar nie, jy het gebreek, en tot nou toe nog oorleef.

Dís die stof waarop die drie uur lange konsert nou bou, musiek, liriek, skilderye, satire en trooskos met ’n ander aanslag.

In Vlerkvat skryf Delia Retief dit is ’n geleentheid met voorlesings oor oorlewing deur Nic de Jager, kombuisliefde deur Renette Vosloo, letselgeneesde verfsere deur Victor Harley, Isobel Knox en Jan Barend Wolmarans, nuwe musiekstukke deur Jacques Steyn en die onvoorwaardelike sorg van Ingrid Howard.

Die geleentheid word aangebied in samewerking met Chain Boland Dieresorg.

. Kaartjies kos R550 per persoon en sluit ’n glas wyn en kuierkos-ete in. Bespreek jou plek deur Charlotta Steyn by 083 845 6466 of charlotta@steyn.pro te kontak.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.