Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Cloetesville en Idasvallei nooi die gemeenskap, sakelui en ander plaaslike rolspelers om sy komende GPF-vergaderings by te woon.
Volgende maand se vergadering word op Donderdag 30 Oktober om 19:00 in die Cloetesville-banketsaal gehou.
Die daaropvolgende vergadering is op Woensdag 5 November in die Idasvallei Metodistekerksaal om 19:00. Alle belangstellendes is welkom.


