Woensdag 22 Maart is Wêreldwaterdag en jy word uitgenooi om dit vanaf 11:00 tot 16:00 saam met ander Stellenbossers op die plaas Rozendal te vier.
Rozendal is die geboortegrond van 12-jaar verouderde botaniese asyn wat met vloeivorms geroer word. Amper 20 jaar gelede is die biodinamiese waterkonferensie ook hier gehou.
Die aanbieder van die program, Liesl Haasbroek, en haar vennoot werk met vloeivorms, wat die lewenskrag terugsit in water nadat dit in damme gestagneer het en deur pype geforseer is.
Ontdek saam met haar die volle watersiklus in jou lyf.
“Jou blaas is ’n dam, jou hart het getye soos die see. Wanneer jy huil, maak jou oë reën. As jy teen jou hand uitasem, sal jy die mis van ’n reënwoud voel. Kom speel saam met my met water en kom ons bekyk saam die verskynsels wat hierdie kosbare element ons wil wys. As jy water help, help jy jouself.”
Enigeen wat daarvan hou om meer van water te leer is welkom.
Vir meer inligting, kontak Liesl by infiniflowforms@gmail.com of 082 807 7178.
Verversings sal tydens die geleentheid bedien word.