Paul Roos Gimnasium se skoolkoor het in 2022 as wenner in die Hoërskool Seuns Prestige-afdeling by die 2022 ATKV-Applous (Suid-Afrika se oudste koorkompetisie vir laer- en hoërskole) weggestap. In 2023 het die PRG-koor weer deurgedring na die nasionale eindronde en sien daarna uit om sy titel by dié gesogte koorkompetisie te verdedig. Op die foto is die PRG-koor met sy dirigent, Cezarre Strydom.