Koor van PRG verdedig titel

Paul Roos Gimnasium se koor vertrek Vrydag (28 Julie) na Pretoria om hul titel as die kampioen in die Prestige-afdeling van die ATKV Applous-kompetisie te verdedig.


Paul Roos Gimnasium se koor vertrek Vrydag (28 Julie) na Pretoria om hul titel as die kampioen in die Prestige-afdeling van die ATKV Applous-kompetisie te verdedig.

Die koor neem al van 2014 aan elite kompetisies deel en het ver gekom vandat hulle in 2014 in die minder ervare koor-kategorie deelgeneem en gewen het. Intussen het hulle verskeie kere aan die applous-kompetisie deelgeneem en ook in 2018 derde gekom in die Wêreld-koorspele. In 2019 wen hulle die algeheel beste seunskoor (Prestige-afdeling) en na die terugkeer van die kompetisie in 2022 het hulle Affies in die eindstryd geklop. Affies beloof om ook vanjaar hul sterkste kompetisie te wees.

Die koor, onder leiding van Stephan Bezuidenhout en begelei deur Cezarre Strydom, sing vier werke vir die eindstryd. ’n Spesiale werk word elke jaar vir die Paul Roos-koor gekomponeer, en vanjaar se werk is geskryf deur Pieter van Zyl. Hulle sing ook ’n voorgeskrewe Afrika-werk, “Tuma Mina”, wat verwerk is deur Milan Mogashoa.

Die derde werk is die Afrikaanse lied “Uit hierdie ligte herfs”deur Niel van der Watt, wat op die lirieke van NP Van Wyk Louw se gedig gebaseer is. Die vierde werk is “Sea Fever” deur Nancy Hill Cobb.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.